Europese Vryhandelsvereniging

Logo van die Europese Vryhandelsvereniging
Lidlande van die Europese Vryhandelsvereniging
Lidlande van die Europese Vryhandelsvereniging: ██ Huidige lidlande ██ Voormalige lidlande

Die Europese Vryhandelsvereniging (EVHV, Engels: European Free Trade Association, EFTA; Frans: Association européenne de libre-échange, AELE) is 'n vryhandelssone van vier Europese lande met politiese en ekonomiese samewerkingsooreenkomste. Dit is op 4 Januarie 1960 in Stockholm, Swede, deur Denemarke, Noorweë, Oostenryk, Portugal, Swede en die Verenigde Koninkryk gestig. Op 1 Maart 1970 het Ysland, op 1 Januarie 1986 Finland en op 1 September 1986 Liechtenstein by die EVHV aangesluit. Op 1 Januarie 1973 het Denemarke en die Verenigde Koninkryk, op 1 Januarie 1986 Portugal en op 1 Januarie 1995 Finland, Oostenryk en Swede die EVHV verlaat. Huidige lidlande is Liechtenstein, Noorweë, Switserland en Ysland en voormalige lidlande is Denemarke, Finland, Oostenryk, Portugal, Swede en die Verenigde Koninkryk, wat by die Europese Unie aangesluit het. Saam met die Europese Unie vorm EVHV die Europese Ekonomiese Ruimte.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy